Events

Events

KARLIEN VAN JAARSVELD

 

Karlien van Jaarsveld is die oudste van 3 kinders. Sy is die ouer suster van die reeds bekende Bobby van Jaarsveld. Karlien is nie ‘n nuwe gesig in die musiekbedryf nie.

Sy het 3 jaar gelede begin om saam met Bobby op te tree as sy kitaarspeler en backing vocalist. Sy het ook ‘n duet saam met Bobby gedoen op sy eerste album. Karlien het so 2 jaar gelede besluit om haar eie ding te doen en het toe ‘n rockband gestig, REVOLUSIE. Sy was dus die stigter en hoofsanger van die groep, REVOLUSIE. Rockmusiek was maar altyd in haar bloed en sy het die 2 jaar saam met REVOLUSIE beskou as een van die beste leerskole ooit.

Karlien het egter in Oktober 2008 besluit om solo te gaan met haar loopbaan en sy het REVOLUSIE verlaat.

Johan Vorster Songs het Karlien as kunstenaar ingeneem. Karlien se album “Jakkals Trou Met Wolf Se Vrou” is uitgereik. Twee videos is ook geskiet van “Beter as Liefde” en “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”. Karlien se album is alreeds vir ‘n hele paar weke onder die Top 5 verkopers op die DKNT ranglys. Die album se verkope het ook Platinum Status bereik.

 

 Karlien  0014

 

Event date :  30-10-2014 6:00 pm
Event end date :  30-10-2014 11:00 pm
Cut off date :  14-10-2014
Capacity :  160
Price :  R290.00

We are no longer accepting registration for this event.

DJ Ossewa

 

 

DJ Ossewa, ‘n alom bekende huishoudelike naam in die Afrikaanse Musiekbedryf, is terug met ‘n nuwe CD en nuwe vertoning tot groot genot en vreugde vanaf hulle getroue ondersteuners.


Hierdie manne het hulself reeds deur-en-deur bewys as een van die groot suksesstories van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Die storie van Daniel Jakobus van Ossewasrus en sy ewe bekende buurman “Leeuboer” vermaak gehore al vir jare.

 

Dit is dus geen wonder dat die nuutste toevoeging tot die groep presies dieselfde doen nie. Die plaaslike self gekwalifiseerder vearts: Vet Frik het besluit om sy praktyk op Ossewarus te verlaat en sy kragte ook in te span vir ‘n nuwe, vars en onvergeetlike vertoning. Die eindresultaat is natuurlik weereens ‘n wenresep wat gehore, oud en jonk, laat huil van die lag en sorg vir ure se vermaak.


Met hul Progressiewe Alternatiewe Boere Afrikaanse Musiek het DJ Ossewa ‘n mark en genre van hul eie geskep en kraai hulle koning. Ossewa-woema is hulle eie, baie persoonlike nismark. En die groep se gewildheid groei daagliks.
Hul nuwe CD “Briljantjie” is landswyd beskikbaar in alle musiekwinkels en is weereens ‘n groot treffer met liedjies soos: “Briljantjie”, “Laat die wiele rol “en “Garries”, om maar net ‘n paar te noem.

 

DJ Ossewa - Small

Event date :  31-10-2014 6:00 pm
Event end date :  31-10-2014 11:00 pm
Capacity :  170
Price :  R290.00

Ses Snare

 

 

Six acoustic guitars, six voices, well known hit songs all arranged for six guitars and six voices.

 

Ses Snare have used this recipe for the past 5 years all over the country in shows at Arts festivals, theatres and corporate functions.

 

Ses Snare is a live band, no backing tracks! This aspect has made Ses Snare the darling of audiences all over – they bring well loved songs to audiences in a unique way like no other band in South Africa does. 

 

 

Ses snare2

Event date :  06-11-2014 6:00 pm
Event end date :  06-11-2014 11:00 pm
Cut off date :  29-09-2014
Capacity :  160
Price :  R290.00

We are no longer accepting registration for this event.

ANDERS ORKES

 

ANDERS is ‘n afrikaanse pop/country duo wat bestaan uit man en vrou, Wynand & Lindi Delport. Dink “Lady Antebellum” en “Taylor Swift” maar met oorspronklike, Afrikaanse lirieke waarmee jy vinnig saam sal sing!

ANDERS het groot opslae gemaak met hulle eerste album, “Dink Leef Klink”. Met ‘n vars, nuwe gospel klank was dit iets waaraan die industrie nie gewoond was nie, maar definitief verwelkom het met ope arms. Binne ‘n jaar is die album genomineer vir ‘n Ghoema toekenning en optredes regoor SA, sowel as ‘n optrede by Gospel Skouspel. Hulle video en herskepping van “Ons Koning kom” is vandag nog ‘n gunsteling!

Na ‘n baie suksesvolle debuut album, is die besluit gemaak om ‘n album te skryf oor die liefde. Wynand & Lindi is immers ‘n getroude paartjie en het baie materiaal gehad om oor te skryf. Die eerste lied, “Mooi vir my” is opgeneem, en saam met die musiekvideo vrygestel. Die video en lied was dadelik ‘n treffer en Anders is gekontak deur Select Musiek (Sony). Kontrak is geteken en die #liefdesverhale album is vrygestel begin Oktober 2013 met baie optredes en musiekvideo’s wat volg in 2014.

“Die pad”, ‘n “country” duet is ook gekies as deel van die fliek “Boer soek vrou” se klankbaan en Anders sal lewendig optree met die fliek se premier in Johannesburg en Kaapstad. ANDERS maak slegs gebruik van die industrie se top musikante en het ‘n talent om enige huidige treffer te herskep. Met hulle vars talent, oorspronklike liedjies en energie kan jy seker wees dat daar nog baie van ANDERS te siene gaan wees.

 

Anders orkes

 

Event date :  07-11-2014 6:00 pm
Event end date :  07-11-2014 11:00 pm
Capacity :  180
Price :  R290.00

Philip Moolman and Band with a Neil Diamond Tribute

 

 

 

 

 

Moses cd Philip ernstig baadjie

Event date :  13-11-2014 6:00 pm
Event end date :  13-11-2014 11:00 pm
Capacity :  160
Price :  R290.00

Ruan Wepener has been a singer all his life, he states he believes that he could sing before he could talk.

 

He was on KykNet’s “Die Sanger” in 2012 and is currently performing all over the country.

 

 

 

 

Ruan Wepener

Event date :  20-11-2014 6:00 pm
Event end date :  20-11-2014 11:00 pm
Capacity :  160
Price :  R290.00

Koos van der Merwe - Hart van Kersfees

 

Vir Kersfees reis ons lang paaie om saam te wees.

 

Ons dink aan dinge soos lig wat kom skyn het. En ons besef maar weer dat ons harte die lig nodig het.

 

'n Aand saam met Koos gee jou kans om Kersfees na jou hart toe te bring. Die liggies is nie té blink nie. Die liedjies nie té vrolik nie.

 

Met gedigte en musiek wat gewone harte help om die skaduwees van die lewe en die liefde gereed te maak vir Kerslig sal Koos se 'Kersfees van die Hart' 'n onvergeetlike begin vir jou Kersseisoen wees.

Koos v.d Merwe2

Event date :  27-11-2014 6:00 pm
Event end date :  27-11-2014 11:00 pm
Capacity :  170
Price :  R290.00

Radio Raps

 

Radio Raps is 'n stasie waar ons dinge bespreek op ons terme. Ons waarborg ons mense dat ons altyd iets sal he om oor kak te praat. Radio Raps- Ons lig in

 

 

Radio Raps 

Radio Raps.04 - klein

Event date :  03-12-2014 6:00 pm
Event end date :  03-12-2014 11:00 pm
Capacity :  160
Price :  R290.00

Kevin Leo

 

 

Kevin Leo was born on 18 Augustus 1971 in Rustenburg. From a very young age it was very clear that he was born for the stage and he grew into one of South Africa’s most versatile and loved entertainers, both in the music and the acting arena.

 

From as early as second grade in primary school, Kevin performed in lead roles in School plays. During his Primary and Secondary school tuition he very successfully competed in various arts festivals and national singing competitions, receiving many accolades and awards, including a study bursary from the ATKV (Afrikaans taal en kultuur vereniging).

 

During his military service he was chosen through national auditions , as one of only four singers in the David Group, a Christian Gospel ensemble of the South African Defense Force, and toured the whole country for the duration of his service, performing an excess of 120 shows per annum.
During his tertiary Theology studies at the University of Pretoria, he took part in numerous singing competitions with great success and started his own music ministry group , performing nationaly. In 1994 he took part in the Crescendo competition and was a finalist in the Mens vocal category.

 

Though he is widely respected as a solo artist, he loves collaborating with fellow artist collegues and regularly performs with Jakkie Louw in a Production titled “Jakkals & Leeu” and with Mathys Roets and Danie Niehaus in the Production titled “Three of the best”. He is a regular face in the biggest South African production Extravaganza ” Huisgenoot Skouspel” and already acted in three successfull South African Movies, ” Liefling, Ek lief jou and Pretville”. He also starred in the very well known Afrikaans television sitcoms “Egoli and 7de laan”.

 

He released his debut album in 1995 that launched his professional singing career as singer.


In 1997 he started the very popular group “Three of the best” with whom he performed in excess of 60 performances per annum and releasing four top selling albums and a DVD.
In 2001 he released his light classical album “VOCE” through the SONY/BMG record label.


Since 2001 he received voice training from the acclaimed singers and Vocal coaches, Ina Snyman, and Eugeni. B Copin and received his masters Vocal training from the World renowned Dr Emma Renzi.


In 2006 he aimed his Magical Dramatic Lyric Tenor voice at Europe when in June 2006, he competed in the International Opera Competition of Italy – VALSESIA MUSICA – near Milan and won the Fourth prize. At the Winners concert , the President of the competition introduced him to the Italian audience as “Pavarotti e Pocco” or “Little Pavarotti”.

 

In 2007 he started the light classical Opera and Opperetta group “Kevin Leo and the Sweet voice masters”, starring himself and ten young and very talented black singers with whom he released an album, touring and performing accross the whole of South Africa and even at high profile Government banquets.

 

In October 2011 he released the very popular album titled “Jy’s Ongelooflik” and in October 2012 he launced the popular multi media production show “Gé.. Lied van my Lewe” and an album with the same title. With this sell out tribute production show of the life and music of the late Gé Korsten, Kevin has audiences on their feet throughout South Africa and will be touring the show in 2013 and 2014.

 

Kevin Leo

Event date :  04-12-2014 6:00 pm
Event end date :  04-12-2014 11:00 pm
Capacity :  160
Price :  R290.00

VAUGAN GARDINER

 

Vaughan Gardiner het homself al gevestig as suksesvolle musikant, akteur en musiekvervaardiger, maar tog is hy nog ver van waar hy wil wees… sy drome is groot.

Alhoewel hy gebore is in Sandton, Johannesburg op 14 April 1987, het Vaughan skoolgegaan en groot geword in die Kaap, waar hy gewoon het saam met sy pa Vivian, ma Ophelia en jonger broer, Selwyn. Eers na hy sy B.Rek graad verwerf het aan die Universiteit Stellenbosch in 2008, en sy debuut album vrygestel het in 2009, het hy Centurion toe getrek waar sy beroep behoorlik vlam gevat het. Maar Vaughan se liefde vir musiek het nie oornag geblom nie, dit kom al van kleins af.

Nadat hy betrokke was by die vervaardiging van sy eie album, het Vaughan kans gekry om op ander kustenaars se albums te vervaardig insluitende Izak Davel, Riaan Grobler, Lianie May, Jannie Moolman en Bok van Blerk. In 2011 begin hy as vervaardiger by Sean Else se studio. Hy skryf ook graag vir ander kunstenaars, onder andere Lianie May, Karlien van Jaarsveld, Riaan Grobler, Izak Davel en Jomari Greyling.

Vir sy debuut album het Vaughan ʼn hele paar nominasies en toekennings losgeslaan. Hy is genomineer as Beste Nuweling by die Huisgenoot Tempo Toekennings sowel as die Rapport Vonk Toekennings; sy eerste “single” – Gooi jou arms om myis genomineer in die kategorie Beste Liedjie, ook by die Vonk Toekennings; hy ontvang ʼn toekenning vanaf Vaal Music Radio as een van 2009 se top tien kunstenaars; hy ontvang die 2010 MK Award in die kategorie Beste Solo, en is vir dieselfde kategorie genomineer in 2011. Maar Vaughan se (accolades) stop nie by musiek nie – in 2010 vertolk hy sy eerste hoofrol in Deon Opperman seJock of the Bushveld-The Musical, en ontvang ʼn Naledi Theatre Awards nominasie as beste nuweling vir hierdie rol.

Vaughan

 

Event date :  05-12-2014 6:00 pm
Event end date :  05-12-2014 11:00 pm
Cut off date :  26-08-2014
Capacity :  180
Price :  R290.00

We are no longer accepting registration for this event.

KURT DARREN

 

Kurt Darren - SMALL

 

Kurt Darren is in Pretoria gebore en het aan die Hoërskool Lyttelton Manor gematrikuleer. Hy het sy besondere sangtalent by sy ma geeerf. Op skool het Kurt aan verskeie musiekspele deelgeneem, en meen dat hy al van jongs af in musiek belang gestel het.

Wat min mense weet is dat Kurt ten volle tweetalig is, te danke aan sy pa wat Afrikaanssprekend en sy ma wat Engelssprekend is. Sy talent as liedjieskrywer en sanger in beide tale, het sy gretigheid om in albei tale te vermaak, verwesenlik.

Na matriek is Kurt weermag toe en doen hy sy basies in Walvisbaai. Hy was ook deel van die weermag se vermaaklikheidsgroep . So toer hy vir n jaar saam met die orkeslede van die weermag, en besef dat hy sy lewenslange droom, om 'n sanger te word, wil najaag. Hy word toe afgeraai deur mense wat sê dat hy nie 'n bestaan kan maak deur te sing nie.

Hy probeer toe maar 'n paar ander beroepe, soos om 'n wildbewaarder te word in die Kruger Nasionale Wildtuin, (die natuur lê hom baie na aan die hart) en tree ook as toergids op. Met meeste van sy familie was daardie tyd in die boubedryf, en hy beproef di took , maar nie vir lank nie. Kurt besluit toe om voltyds te begin sing.

Dertien jaar lank het Kurt balladesanger, roerloos op 'n stoeltjie met 'n mikrofoon gesit by korporatiewe geleenthede, kroeë en ander klein kuierplekke. Van die een dorp na die volgende, het Kurt sy eie klankgereedskap vervoer, afgelaai, opgestel, afgestel en weer opgelaai. Hy het ook sy eie klank gedoen. Kurt is trots om te noem dat hy deur sy sangloopbaan al deel was van 'n paar groepe. Hierdie sluit in, onderandere: "Deep Blue" en "Keep Your Day Job".

Hy het altyd geweet dat sy deurbraak sal kom. Toe tree hy drie maande lank op 'n passasierskip op, verloor 'n paar kilogram en sny sy hare (vir die wat nie weet nie, Kurt se hare was skouerlengte vir n hele ruk). En toe is hy reg en energiek vir "Meisie Meisie" toe dit eensklaps oor sy pad kom in 2002.

Event date :  10-12-2014 6:00 pm
Event end date :  10-12-2014 11:00 pm
Capacity :  180
Price :  R330.00

CORLEA BOTHA IS BUSY MAKING AMAZING SOUNDS AS A SOLO ARTIST IN THE AFRIKAANS MUSIC INDUSTRY. KNOWN BETTER FOR HER ROLE IN THE VERY SUCCESSFUL LIEFLINGE DUO.

 

THIS ARTIST IS LAUNCHING HER FIRST SOLO ALBUM, AND IT PROMISES TO BE A MAJOR SUCCESS. CORLEA HAS BEEN EXPEREMENTING WITH NEW SOUNDS ECT TO GIVE HER FANS THE ABSOLUTE BEST THAT SHE CAN WITH HER NEW ALBUM “WIE EK IS” WITH AMAZING SONGS LIKE SONVANGER BY KOOS DU PLESSIS, WIE EK IS, WRITTEN BY HERSELF AND PRODUCED BY BYRON KUNTZ.

 

HER NEW ALBUM WITH 12 TRACKS PROMISES TO BE THE BIGGEST RELEASE THIS YEAR, AND WILL NOT DISSAPOINT HER FANS, BUT THIS ALBUM WILL ENSURE TENS OF THOUSANDS OF NEW FANS FOR CORLEA AS WELL.

 

Corlea1

Event date :  11-12-2014 6:00 pm
Event end date :  11-12-2014 11:00 pm
Capacity :  160
Price :  R290.00

KURT DARREN

 

Kurt Darren - SMALL

 

Kurt Darren is in Pretoria gebore en het aan die Hoërskool Lyttelton Manor gematrikuleer. Hy het sy besondere sangtalent by sy ma geeerf. Op skool het Kurt aan verskeie musiekspele deelgeneem, en meen dat hy al van jongs af in musiek belang gestel het.

Wat min mense weet is dat Kurt ten volle tweetalig is, te danke aan sy pa wat Afrikaanssprekend en sy ma wat Engelssprekend is. Sy talent as liedjieskrywer en sanger in beide tale, het sy gretigheid om in albei tale te vermaak, verwesenlik.

Na matriek is Kurt weermag toe en doen hy sy basies in Walvisbaai. Hy was ook deel van die weermag se vermaaklikheidsgroep . So toer hy vir n jaar saam met die orkeslede van die weermag, en besef dat hy sy lewenslange droom, om 'n sanger te word, wil najaag. Hy word toe afgeraai deur mense wat sê dat hy nie 'n bestaan kan maak deur te sing nie.

Hy probeer toe maar 'n paar ander beroepe, soos om 'n wildbewaarder te word in die Kruger Nasionale Wildtuin, (die natuur lê hom baie na aan die hart) en tree ook as toergids op. Met meeste van sy familie was daardie tyd in die boubedryf, en hy beproef di took , maar nie vir lank nie. Kurt besluit toe om voltyds te begin sing.

Dertien jaar lank het Kurt balladesanger, roerloos op 'n stoeltjie met 'n mikrofoon gesit by korporatiewe geleenthede, kroeë en ander klein kuierplekke. Van die een dorp na die volgende, het Kurt sy eie klankgereedskap vervoer, afgelaai, opgestel, afgestel en weer opgelaai. Hy het ook sy eie klank gedoen. Kurt is trots om te noem dat hy deur sy sangloopbaan al deel was van 'n paar groepe. Hierdie sluit in, onderandere: "Deep Blue" en "Keep Your Day Job".

Hy het altyd geweet dat sy deurbraak sal kom. Toe tree hy drie maande lank op 'n passasierskip op, verloor 'n paar kilogram en sny sy hare (vir die wat nie weet nie, Kurt se hare was skouerlengte vir n hele ruk). En toe is hy reg en energiek vir "Meisie Meisie" toe dit eensklaps oor sy pad kom in 2002.

Event date :  12-12-2014 6:00 pm
Event end date :  12-12-2014 11:00 pm
Cut off date :  16-10-2014
Capacity :  180
Price :  R330.00

We are no longer accepting registration for this event.

Rocco de Villiers

 

Pianist composer and musical director. His latest album, Stunning, was released a few months ago and has been enjoying much success on the music scene. 

 

Rocco de Villiers is a South African pianist, producer, composer, musical director and cocktail connoisseur.

 

He does regular concert tours throughout South Africa and gets featured in magazines, newspapers and gets regular television coverage. He finished a B Mus ( Ed) degree at the University of the Free State, South Africa in 1987. He moved to Johanneburg in 1990 and became musical director at CLUB 58, a cult cabaret venue in Hillbrow, Johanneburg.

 

Rocco is owner and director of ROCCOROCCOMUSIC (est. 2004) through which he produces all his stage productions. He is also co – owner and co - director of Third Ear Sound (with Kutlwano Masote), which undertakes commissions in museum sound concept design.

 

 

Rocco de Villiers

Event date :  20-02-2015 6:00 pm
Event end date :  20-02-2015 11:00 pm
Capacity :  160
Price :  R290.00

Mailing List

Contact Us