Vadersdag met Bok van Blerk
Twee uitverkoopte middag vertonings met die talentvolle Logan as seremoniemeester. Hy handel al die formaliteite af & breek die spreekwoordelike ys met die BeeGees se treffer ‘To love somebody’ asook Ed Sheeran se ‘Sing’.
(Bibi was die aand aan die woord)
Die 3 gang maaltyd word aan tafel bedien & alle regulasies word streng gevolg. Nadat 2 gelukkige gaste elk onderskeidelik ‘n CD & DVD gewen het, is die verhoog Bok s’n.
Ten spyte van ‘n lastige kuggie (hy het reeds Covid gehad, stel hy die gehoor gerus), is dit ‘n heerlike kuier middag gevul met stories & treffers. Alouise Peens is Bok se vennoot op akoestiese kitaar & ‘backing vocals’.
Hy open sy program met ‘Jy praat nogsteeds my taal’ gevolg deur ‘Bosveld Afrika’. Bok vertel van al die jaarlikse feeste waar hy gereeld opgetree het: “Ons hou ‘n fees vir alles: wanneer ons hom plant, wanneer ons hom oes & wanneer ons hom eet!” En op skreeusnaakse wyse vertel hy van al die vreemde vrae wat hy van mense kry wat nou al die hele naweek aan die kuier is!
Hy sing ‘n ‘medley’ met ‘n paar gunstelinge wat onder andere insluit ‘Die Kaplyn’, ‘Die Land’, ‘Steek die vure aan’, ‘Tyd om te trek’ & ‘My kreet’, wat opgevolg word met ‘Koue Voete & Warm Liefde’, ‘Datsun’ (goeie stuk kitaarspel deur Alouise) & ‘Dis wie ons is’.
Die ‘party medley’ sluit onder andere in ‘Vodka & OJ’, ‘Tina van Wyk’ & ‘Blouwildebliksemsfontein’ in. ‘Land & Strand’, ‘’68 Chevy’, ‘Was’ rond die program mooi af & wat sal ‘n Bok vertoning dan nou wees sonder die epiese ‘De La Rey’ & my persoonlike gunsteling ‘Ons vir jou Suid-Afrika’.
Dankie aan Renault Route 24 wat die hoofborg is. Volg hulle gerus op sosiale media vir spesiale aanbiedinge.
Bly op hoogte van vertonings deur Die Blou Hond op alle sosiale media te volg of teken in op die Casa Toscana nuusbrief. Loer gerus ook sommer na die watertand spyskaarte van die LeSi restaurant op die Casa Toscana webtuiste.
Bly gesond & veilig.
** Kopiereg - Marné de Kock ** ** Fotos - Ezetna Olivier **