Liezel Pieters - Sitkamer konserte, Intiem & Akoesties
Lekker Vrydagaand vibes!
Bibi (ook bekend as Martha van die “Afrikaans is Groot” konserte) is die MC & ‘vibe manager’. Sy lees ‘n Renault (Edenvale Route 24 is ‘n borg van Die Blou Hond) advertensie in haar ‘beste radio stem’ (haar eie woorde). Behalwe vir haar vlymskerp sin vir humor, wat die gehoor elke keer laat skaterlag, laat sy ook meer as reg geskied aan die ‘4 Non Blondes’ liedjie “What’s goin’ on”.
Liezel Pieters – sy lyk goed met blonde hare - word vanaand bygestaan deur Roelof ‘Wolfie’ Viviers op kitaar & ‘vocals’. Daar is ‘n heerlike vriendskap ‘vibe’ tussen hulle & hulle geniet hulself baie op die verhoog vanaand. Saam deel hulle ‘n paar van Liezel (op akoestiese kitaar) se gunsteling ‘songs’: CCR se ‘Have you ever seen the rain?’, Cranberries se ‘Dreams’, die alombekende ‘The Story’ & ‘Million Reasons’.
Met ‘n bietjie bystand van ‘backtracks’, begin die aand se tempo optel met Journey se ‘Hold on’. Haar weergawe van Katy Perry se ‘Unconditionally’ is uitmuntend, gevolg deur die Belinda Carlisle treffer ‘Leave a light on for me’. ABBA se musiek is altyd ‘n goeie idee & Liezel sing ‘n medley wat ‘Take a chance on me’/’Mamma Mia’/’Thank you for the music’ insluit. Wolfie ‘gets his time to shine’ (in Liezel se woorde) & hy maak goed gebruik daarvan met ‘Summer of 69’.
Sy vertel dat sy die dae saam met ‘4Werke’ (Liezel, Nicholis Louw, Ray Dylan & Elizma Theron) mis & steeds graag van hul musiek sing soos vanaand met ‘Die wind in my seile’, gevolg deur nog ‘n medley wat onder andere insluit ‘Ek Lewe’ (Anneli van Rooyen) & ‘Hoog bo die wolke’ (Philip Moolman).
Met haar besonderse kragtoer van ‘n stem doen sy moeiteloos die 1 na die ander treffer vanaf haar eie albums: ‘Dis in ons bloed’, ‘Asemloos’, ‘Meer as net vriende’, ‘Sing jou hart uit’ (‘showcase’ haar stem ten beste), ‘Droë riviere’, ‘Gooi jou liefde op my neer’ (wat op toptreffer lys van verskeie radiostasies was vir weke), ‘Bietjie meer van jou’ & dan haar nuutste enkelsnit ‘Plus minus maal deel’.
Dankie aan die span by Blou Hond & Casa Toscana Lodge vir ‘n heerlike kuier aand. Volg hulle sowel as die kunstenaars op alle sosiale media platforms.
** Copyright - Marné de Kock**
16 April 2021
** Photos - Ezetna Olivier **