Monique - ‘n Aand van rooiwyn & samesyn
Die spitsvondige Bibi open die aand met Elvis Blue se ‘Mooi’ & ‘n spesiale verwerking van ‘Hemel op Tafelberg’.
Met die Covid regulasies verduidelik, bedankings aan spesiale mense & die borg, Renault Edenvale Route24, afgehandel, word Monique aan die woord gestel. Saam met haar vanaand is Bartlho Visagie op elektriese & akoestiese kitaar & Rossouw Coetzee op baskitaar. Monique sê self: die ‘bass’ sit die ‘attitude’ in ‘n show.
Monique is ons eie Celine Dion, pragtig, fyn met ‘n groot stem. Sy trakteer die gehoor op internasionale treffers soos ‘Walk me home’ (Pink), ‘Love me like you do’ (Ellie Goulding) & ‘Power of love’, afgewissel met van haar eie treffers ‘Druppel in die emmer’, ‘Die goeie ou dae’ - waartydens sy agter die klawerbord inskuif - & ‘Die Boom’.
Sy nooi vir Wilha Carstens, wat aan “Die Kontrak” deelgeneem het, na die verhoog om saam met haar ‘n besondere weergawe van die Mynie Grové treffer ‘Sweef soos ‘n arend’, te sing.
Na ‘n kort pouse, sing sy die pragtige lied ‘Mosaiek’, ‘Hartseer’, ‘I was made for loving you’ – weereens saam met Wilha – & ‘The story’ (haar ouers se gunsteling lied). Dan volg ‘Diane’ – ‘n duet waarop Demi Lee se stem op die ‘backtrack’ gehoor kan word, ‘Vure brand’ & ‘Both sides now’ (1 van haar pa se gunstelinge).
Sy dra spesiaal ‘You’re the voice’ (Mike & the Mechanincs) op aan Nianell wat vanaand in die gehoor is saam met onder andere Ray Dylan. As ‘encore’ sing sy ‘My Way’ & dan dring die gehoor daarop aan dat sy ‘Diane’ nog ‘n keer moet sing.
Dankie aan Die Blou Hond & Casa Toscana vir nog ‘n heerlike kuier aand. Onthou dat Die Blou Hond perfek is vir maatskappy funksies.
**Copyright Marné de Kock **
5 Mei 2021
** Photos - Ezetna Olivier **