Saarkie - Liefde van die Langpad
Die heerlike reuk van Casa Toscana se buffet ete en koffie hang swaar in die lug terwyl die gehoor al te heerlik geselsies aanknoop.
Philip Moolman heet die gehoor welkom, en leer die nuwe honde op die werf van die Blou Hond tradisies. Met sy goeie humorsin skop hy die aand op n lekker noot af voordat hy die voorprogram kunstenaar Mari Bosman voorstel.
Mari Bosman neem haar plek in agter die kitaar en sommer gou het sy die gehoor in die palm van haar hand. Sy deel van haar eie liedjies met die gehoor en soos wat sy sing kan jy sien hoe die gehoor verlief raak op haar musiek. Sy lewer n onvergeetlike weergawe van Laurika Rauch se "Blouberg se strand" Gaan loer gerus na haar musiek videos "Houvas" and "Man Soos My Pa" op haar sosiale media. Met so n ongelooflik stem is sy voorwaar n kunstenaar om dop te hou.
Nadat die glase gevul is en die gelukkige trekking gedoen is is dit tyd vir die klanke van
SAARKIE !
Die 3 formidabele dames neem hul plekke in agter hul instrumente en met die eerste oog op slag kan jy aanvoel, "hier kom n ding". Hulle betower die gehoor met skeppings uit hul eie pen vanaf hul album "Queen Van Die Toorbos" en verras ook met n paar nuwe liede. Met hul unieke klank en perfekte harmonieë lewer die 3 dames n onvergeetlike rock vertoning. Met hul musiek en staaltjies oor hoe en waar hul liede ontstaan het lei hulle die gehoor op n musikale reistog. Hulle verhoog "chemistry" is onmiskenbaar en dra by tot n wonderlike vertoning.
SAARKIE, Mari Bosman & Philip Moolman verdien n klip harde Blou Hond blaf & tjank.
Loer gerus verder op die webwerf vir meer besonderhede oor ons opkomende vertonings. ** Blog - Vasti Lourens **